BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bfn 079 529 5000 rpofs@rpo.co.za
Wat is die huidige stand van entstowwe

Wat is die huidige stand van entstowwe?

BVI:

- Tot onlangs was slegs die entstof van BVI (Botswana Vaccine Institute) goedgekeur vir invoer in SA.
- BVI-entstowwe is water-gebasseerd wat beskerming bied vir 'n tydperk van 3-4 maande en is dus meer gepas vir gebruik vir "vaccinate to kill" strategieë, soos wat gebruik word in voerkrale.

Dollvet:

Die Dollvet-entstof (van Turkye) is nou ook goedgekeur vir invoer in SA.
* Hulle gaan 1,5 miljoen dosisse voorsien
* Dollvet is 'n olie-gebaseerde entstof, wat langer beskerming behoort te bied, veral as die primêre dosis opgevolg word met 'n herhalingsdosis.
* Verdere voorraad sal bestel word sodra dit geëvalueer is.

Biogenesis Bago:

- Aansoek om entstofvoorsiening van Biogenesis in Argentinië is tans aan die gang.
- Een miljoen dosisse is gereed om gestuur te word sodra die nodige permitte uitgereik is, met ’n verdere vyf miljoen dosisse wat teen Maart 2026 beskikbaar sal wees.

ARC (via verspreiding van OBP)

Berei voor om teen Maart 20 000 entstowwe per maand te verskaf

  • Die verspreiding en aanwendingsplan van entstowwe word tans deur die Ministeriële Taakspan saamgestel vir goedkeuring.
  • Alle entstofverspreiding word deur die Departement van Diergesondheid gereguleer, aangesien bek-en-klouseer as ’n staatsbeheerde siekte geklassifiseer word.
Kontak Inligting

BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bloemfontein.

rpofs@rpo.co.za

079 529 5000

RPO Vrystaat
Volg Ons